
=====================================================================
Veeltaligheid gekoester deur jong mense (AV 6:1)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Veeltaligheid gekoester deur jong mense

Maar, waarsku Annatjie Louw   -- hoofsaaklik aan die hand van die taalsituasie in Namibi -- tale kan verstommend gou uit 'n gemeenskap 
verdwyn. Jong mense koester hul veeltaligheid. Vir 440 van hulle -- van Kaapstad, Stellenbosch, dwarsdeur Namibi en tot by hul taalfamilie 
in Brussel en Nijmegen -- het ek in 'n onlangse studie gevra: Wil jy h dat jou kinders eendag eentalig moet wees? Hierdie uiteenlopende 
proefgroep het eenparig ges hulle wil nie. Dit was ook die enigste van 32 vrae waaroor almal saamgestem het.

Party het dit duidelik gemaak hoe heftig hulle daaromtrent voel dat hul kinders nie eentalig moet wees nie. Hulle het antwoorde verskaf 
soos: "Nee, beslis nie." "Nee! Nee!" (dubbeld onderstreep). "Zeer zeker niet!" Al die respondente was minstens tweetalig, baie was 
drietalig en party was viertalig en meer. Hul moedertale was o.m. Afrikaans, Engels, Duits, Khoekhoegowab, Nederlands, Otjiherero, 
Oshiwambo.

Dis gerusstellend om te weet dat hierdie jong mense veeltaligheid beplan vir toekomstige kinders. Maar hoe bestendig is veeltaligheid? Van 
my respondente het aangedui dat hulle nie hul moedertaal vir hul toekomstige kinders wil leer nie. Nou kan 'n mens vir die tweetaliges 
onder hulle vra: as hulle dan as ouers hul moedertaal eendag wil uitskakel, hoe moet hul kinders meertalig word? Wie moet waar ander tale 
vir hul kinders leer? Ook het van die respondente aangedui dat hulle hul moedertaal bloot as tweede taal vir hul kinders wil leer.

In Namibi se onlangse taalgeskiedenis is daar 'n voorbeeld van hoe gou 'n gemeenskap tale wat hulle eens gehad het, kan verloor. My studie 
toon dat die Basters van Rehoboth, waar dit die jong mense aangaan, in minder as 'n eeu hul drietaligheid verloor het. (Die Duitse 
antropoloog Eugen Fischer   het in 1908 op Rehoboth opgemerk dat die jonger geslag Basters drietalig is [1961: 294]. Hy het vroer [ibid. 
284] die drie tale genoem: die ouer geslag Basters kan net Nama praat, die ander kan ook "Kaphollndisch" praat terwyl die jongeres daarby 
Duits kan praat, het hy ges.)

Volgens die antwoorde van die 25 Baster-respondente (uit een volle skoolklas op Rehoboth) in my studie van einde 1996 is net drie van hulle 
nog drietalig met Afrikaans, Engels en Nama as tale. Die res, 22 dus, het ges hulle is tweetalig (Afrikaans en Engels). Twee het ges 
hulle kan Nama of Nama/Damara bloot verstaan, maar nie praat nie. Een kan Duits net verstaan.

Rehoboth is by uitstek 'n Afrikaanse gemeenskap. Die volgende is kommerwekkend vir die voortbestaan van Afrikaans: In antwoord op die vraag 
watter drie tale hulle vir hul toekomstige kinders wil leer, wil net drie van die 25 Rehoboth-respondente Afrikaans as eerste taal vir hul 
kinders leer, een het Afrikaans heeltemal uitgesluit, drie wil dit as derde en 18 wil dit as tweede taal vir hul kinders leer. (Let wel: in 
die hele vraelys is geen taal by name genoem nie. Respondente moes in alle gevalle self tale benoem.)

Onder is   'n tabel van die tale en taalkeuses van 25 Rehoboth-respondente. Dit maak met een oogopslag duidelik wat van Nama en Duits 
geword het wat betref die hedendaagse Baster-jeug. Duidelik is daar by die jonger geslag van my studie nog net fyn spore oor van die Nama 
en Duits wat die vroere geslagte van Basters kon praat. (Duits word nou as vreemde taal in Rehoboth se skole aangebied.)

William Labov   vermaan tereg: "The use of the present to explain the past then depends not only on new methods and new data, but also on 
locating points of contact and similarity between the present and the past that would justify the application of the new data. The task of 
historical linguistics is to explain the differences between the past and the present; but to the extent that the past was different from 
the present, there is no way of knowing how different it was."

Tog glo ek dat my studie getoon het dat daar rede is vir sterk kommer oor die toekoms van Afrikaans in Namibi se Rehoboth-gemeenskap.

Volgens Fischer was Nama die moedertaal en Kaapshollands die "tweede moedertaal" van die Basters in 1908. Volgens Ortega y Gasset (1972:71) 
duur 'n geslag ongeveer 30 jaar. Binne drie geslagte het die Basters dus 'n moedertaal, Nama, sowel as die Duitse taal verloor. As die 
Baster-jonges dit nou so duidelik maak dat hulle hul huidige moedertaal Afrikaans as tweede taal vir hul toekomstige kinders wil leer, kan 
Afrikaans binne die volgende twee geslagte Nama en Duits se paadjie loop.

Bogenoemde patrone van groei en kwyn in die Baster-taalgemeenskap loop saam met die geskiedenis van amptelike tale in Namibi: Duits het in 
1884 die enigste amptelike taal in Namibi geword toe die land 'n Duitse protektoraat geword het. Van 1920 af het Suid-Afrika die land 
geadministreer en het Afrikaans en Engels amptelike tale geword, en sedert 1984 is Duits erken as semi-amptelike taal. Engels het n die 
onafhanklikheid in 1990 die enigste amptelike taal in Namibi geword.

Is dit moontlik om te keer dat Afrikaans kwyn en verdwyn? Christina Paulston   s 'n sosiolinguis sit met die volgende morele dilemma: "He 
will perceive the ideal solution to a language problem, a solution which is certainly influenced by his liberal and moral values, and there 
will be very little possibility of such solution ever being implemented by those directly faced with results -- teachers, the parents and 
the children. What then should he do?"

Myns insiens het C.J. Langenhoven vir haar 'n antwoord:   "Maar daardie saak van die behoud van ons erfenis is op die  end nie 'n saak 
van volk of gesag of Regering nie; dis 'n saak van elke enkele van ons; dis jou saak en my saak."

Onlangs het 'n koerantman op Rehoboth by my as volg beswaar aangeteken oor studies wat mense in die Rehoboth-gebied kom maak: "Die mense 
kom hier aan, ons ontvang hulle vriendelik en help hulle met inligting. En dan hoor ons nooit weer van hulle of hul gevolgtrekkings nie." 
Die man het 'n punt beet. Self is ek van plan om nou 'n opvolgstudie op Rehoboth te maak om te sien wat leerlinge op die skoolverlaat-
ouderdom in 1999 s omtrent die taalsake wat in hierdie artikel geopper is. Dan wil ek dadelik aan die gemeenskap gaan terugvoering gee. Op 
hierdie manier sal dit word soos wat Langenhoven voorstel: My en my mede-Namibirs se saak.

Verwysings

* Eugen Fischer: Die Rehobother Bastards und die Bastardierungsproblem beim Menschen;
* William Labov: The Fundamental Paradox of Historical Linguistics;
* Ortega y Gasset: The Revolt of the Masses;
* Christina Paulston: On the Moral Dilemma of the Sociolinguist;
* C.J. Langenhoven: Versamelde Werke Deel XI.

---------------------------------------------------------------------
  "... 'n tabel van die tale en taalkeuses van 25 Rehoboth-respondente."
1. Praattale Eerste taal Tweede taal Derde taal
Afrikaans        25
Engels   25
Nama     3
2. VerstaantaleEerste taalTweede taalDerde taal
Nama     2
Duits    1
3. Tale vir toekomstige kinders Eerste taal Tweede taal Derde taal
Engels   20      4
Afrikaans        3       18      3
Duits    1       3       10
Nama/Damara      2

Annatjie Louw   is taalstudent, versamel Afrikaanse stories in pamflette en stel hulle vir kinders beskikbaar.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av613.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Maart 1999 /// 'Ek is Afrikaanse Euro-Afrikaan' (AV 6:1) /// Afrikaans, 
jy en die Grondwet (AV 6:1) /// Veeltaligheid gekoester deur jong mense (AV 6:1) /// Geletterdheid (AV 6:1) /// HOOFARTIKEL-- Jaar met nuwe 
uitdagings (AV 6:1) /// Taalervaringe van 'n Duitse immigrant (AV 6:1) /// Afrikaanse posiebron vir Lae Lande (AV 6:1) /// In Verneukpan 
en Boesmanland lf Afrikaans (AV 6:1) /// Onbeskaamd granaatbos /// Toegevoegde teenoor verminderde tweetaligheid (AV 6:1) /// Kortverhaal 
-- Huisdiere (AV 6:1) /// Onderwys-werksessies (AV 6:1) /// Afrikaanse Bybel op die Internet (AV 6:1) /// Jan Schutte: 'n Huldeblyk (AV 
6:1) /// 'Dominee, 'n mooi sin is 'n mooi ding' (AV 6:1) /// Ligter taalmomente oor die grensdraad /// Nuwe era vir Afrikaanse boek (AV 
6:1) /// Op spoor van Maleise invloed (AV 6:1) /// Millennium-blues (AV 6:1) /// Afrikaans kuier oor die drumpel (AV 6:1) /// Hy 
verpersoonlik eerlikheid (AV 6:1) /// Ons lesers skryf (AV 6:1) /// Koningin stap voor in die ry (AV 6:1) /// Di koor gee jou hoop (AV 
6:1) /// Met 'n uitsig op 'n park (AV 6:1) ///

